Ons vir jou: nieuws uit Zuid-Afrika – Waarheen, Afrikaner, waarheen?

Voortrekkersmonument

Voortrekkersmonument

 

 

Toekomsblik: waarheen, Afrikaner, waarheen?

 

demografische kaart Z-A

Demografiese kaart (2012): Groen dui die gebiede aan waar die Xhoi (bruin bevolking) dominant is. Wit dui die gebiede aan waar swartmense die dominante groep is. Die groen gedeelte dui ook aan waar Afrikaans die dominante taal is

Die Afrikanervolk staan vandag by ‘n kruispad, en die vraag is: “Waarheen nou, Afrikaner?” As dit om historiese regte gaan, moet daar gekies word tussen die gebiede wat deur die Europese immigrante gedurende die eerste 200 jaar beset is, naamlik KAAPLAND; en die gebiede waar die ou Boererepublieke was, naamlik die Vrystaat en die ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek), ook bekend as Transvaal.

Die Vrijstaat en Transvaal is wêreldwyd deur vriend en vyand as soevereine republieke van die Boerevolk erken, totdat GOUD en DIAMANTE in daar die gebiede ontdek is.  Die imperialistiese Brittanje het hom verbeel alle minerale van die wereld behoort aan hom, en dat dit slegs ‘n kwessie was van “neem dit van die wettige eienaars weg…..en as dit moet, neem dit met geweld!” Omdat die getalle oormag te groot was, en omdat Brittanje van ongeoorloofde taktiek gebruik gemaak het deur 27 000 vroue en kinders in konsentrasiekampe te laat sterf, het die Boerevolk – na meer as 2 jaar van oorlog – die handdoek ingegooi.

Na 46 jaar, in 1948, het die Boerevolk (nou die Afrikanervolk genoem) uit die as opgestaan en die land se regering oorgeneem.  Na nog 13 jaar, het Suid-Afrika ‘n republiek geword.  Maar die Afrikanervolk het nie daardeur sy vryheid ontvang nie, want die republiek was vir almal wat in hom woon, en die Afrikanervolk was ‘n klein minderheidsvolk. Die groot verskeidenheid van volke in Suid-Afrika moes almal die republiek deel.  Omdat die swartes teen ‘n geweldige tempo vermeerder het, en die blanke bevolking feitlik stil gestaan het, is die blankes oorweldigend in ‘n “een-mens-een-stem”-verkiesing verslaan.

Twee-en-negentig jaar nadat die Boerevolk sy soevereiniteit teen Brittanje in ‘n oorlog verloor het, het hy nou weer in 1994 sy vryheid verloor.  Dié keer was dit nie omdat hy ‘n oorlog verloor het nie, maar omdat hy deur sy eie mense verraai is, en die land aan ‘n klomp Marxistiese swartes oorhandig is, sonder dat daar een skoot geskiet is.

Van 1994 af was die Afrikanervolk leierloos, en prakties sonder ‘n vaderland.  Dit was ‘n geval gewees van “The Winner Takes All,” want daar was geen beskermingsmeganismes ingebou in die land se nuwe Grondwet nie, en geen waarborg is aan minderheidsgroepe gegee dat hulle ooit weer vry sal wees nie.

In 1990 was daar sowat 4-miljoen Afrikaners en 2,5-miljoen Engelssprekende blankes in die land.  Sowat 1-miljoen Afrikaners (25% van die volk) het sedert 1990 uit hul geboorteland gevlug.  Die oorblywende 3-miljoen Afrikaners is ekonomies, geografies en ideologies verdeel.  Een miljoen leef onder die broodlyn, is dakloos, werkloos, en verkeer in haglike omstandighede.  Hulle word uitgebuit, aangerand, verkrag en vermoor – deur swart barbare!

Een miljoen Afrikaners is “tevrede” met die Nuwe Suid-Afrika, en die oorblywende een miljoen Afrikaners is geografies verdeel – een gedeelte wil in Transvaal woon, met Pretoria as hul hoofstad, en die ander deel wil na die suide en na die weste van die land verhuis. Aangesien Pretoria deur alle volke van die land bewoon word, en omdat die provinsie Gauteng (waarin Pretoria lê) meer as 10-miljoen swartes huisves, sou dit moeilik wees vir die Afrikaners om daar ‘n republiek te stig wat veilig sal wees.  Dit sou ook moeilik wees om van die swartes ontslae te raak.

Daarteenoor, is Kaapland ‘n veel beter keuse.  Noord-Kaap is ‘n yl gebied met min mense, maar daar is veral heel weinig swartmense, wat dit die beste provinsie vir Afrikanerbesetting in Suid-Afrika maak.  Die provinsie Wes-Kaap is tans die enigste provinsie wat nie deur die Marxistiese ANC (African National Congress) regeer word nie, maar wel deur die DA (Demokratiese Alliansie).  Die Wes-Kaap is om daardie rede, maar ook om ander redes, die gewildste provinsie onder blankes, en vele van hulle stroom nou na die Wes-Kaap. Net die tyd sal leer wat van die Afrikanervolk gaan word, en in watter deel van Suid-Afrika hulle gaan woon.

Dit is byna logies dat Kaapland wes van die 25ste lengtegraad die beste en veiligste deel van die land vir vryheidsoekende Afrikaners gaan wees.  Die Wes-Kaap het veel meer geriewe, en die infrastruktuur is byna onverbeterlik, maar die Noord-Kaap is veiliger omdat daar byna geen misdaad is nie.

Peter Murray.