AL HOE VREEMDER:
“Die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, is besig met ‘n geleidelike proses om die Afrikaner al hoe vreemder in sy eie land te laat voel.
Hierdie gevoel kom natuurlik nie van gister of eergister af nie. Dit kom inderwaarheid al vanaf die dag dat FW de Klerk aangekondig het dat Mandela uit die tronk vrygelaat gaan word (sonder dat laasgenoemde nodig gehad het om geweld af te skryf…), en dat die ANC en die SAKP deel van die politieke realiteit van die land sou word.
Selfs mense wat in die 1992-referendum nog “ja” gestem het, kom nou ruiterlik vorendag dat hulle nie die implikasies daarvan voorsien het nie, en as hulle nou sou kon, dit anders sou doen. Behalwe FW de Klerk, wat steeds probeer regverdiging vind vir sy verraad wat nou al menige Afrikaner en witman se lewe gekos het.
Zuma gaan dus net voort op die pad wat bereid is deur De Klerk, wat verder geplavei is deur Mandela onder die invloed van die ANC se revolusionêre Freedom Charter, versnel is deur Thabo Mbeki en nou in dolle vaart voortsnel onder Jacob Zuma.
In sy eie geledere is Zuma erg onder druk. Weliswaar het hy op meesterlike wyse van Julius Malema ontslae geraak uit die ANC, maar nou wil Malema sy eie ding doen en val hy nie meer onder die dissipline van die ANC waar Zuma hom tot ’n mate kan beheer nie. Malema wil voortgaan met sy ekonomiese revolusie, wat beteken dat, sou hy slaag, alles kan waar kom waarvoor gevrees is net voor die ANC in 1994 aan bewind gekom het.
Tot net voor die bewindsoorname van die ANC was daar nog gepraat van die nasionalisering van ons banke, pensioenfondse, mediese fondse, onteiening van grond en ander eiendom, soveel so dat verskeie groot maatskappye, soos Ou Mutual; en Anglo American, hulle bates betyds geskuif het en hulle hoofkantore in Londen gevestig het.
Malema het nie hierdie aansprake skielik uit die lug gegryp nie. Dit is onderwerpe waaroor daar in die ANC binnekring op deurlopende basis gepraat word. As deel van die binnekring het Malema daaraan deelgeneem. Die verskil tussen hom en die ouer garde van die ANC is net dat die ouer garde hulleself skaamteloos verryk om hulle laaste dae in skandalige weelde te kan deurbring, terwyl die jonger garde onder aanvoering van Malema ongeduldig raak en resultate wil sien. Nou!
Meningspelings het al getoon dat Malema dalk meer stemme as die DA kan trek, wat beteken dat hy ’n groot hap uit die ANC kan byt. Daarom moet Zuma nou maksimale steun monster, en sal hy ook sy beleid en wyse van optrede moet radikaliseer om die minimum radikales aan Malema af te staan. Intussen moet hy darem ook vir sy eie oudag en sy familie s’n sorg, deur genoeg korrupte bande te bou en toe te sien dat hulle ryk kan word op belastingbetalerskoste. Die Nkandla-projek is een daarvan, en nou ook die aangekondigde Masibambisane-projek, waardeur sy kleinnefie bevoordeel gaan word.
Met sy kabinetskommeling verlede week het Zuma ontslae geraak van een van sy groot voorstanders van kapitalisme, Tokyo Sexwale. Inderdaad het Sexwale Zuma teengestaan by die ANC se sogenaamde Mangaung beleidskonferensie, maar Sexwale is ’n kapitalis wat skatryk geword het uit daardie stelsel. Nou is hy en ’n kollega uit. Zuma het twee lede van die SA Kommuniste Party (SAKP) in hulle plek aangestel! Die SAKP is van die wêreld se gehardste kommuniste wat steeds klou aan alles wat van toepassing was in die ou Sowjet-ryk. Keer op keer kry die SAKP meer verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse kabinet. Mandela het hom met kommuniste omring, en Zuma omring hom met nog meer van hulle.
Aan die ander kant het Zuma verlede week ’n boodskap van ondersteuning gegee aan die Moslem-gemeenskap, met hulle maand van Ramadaan.
Zuma distansieer hom dus steeds verder van die Afrikaner, wat in sy wese Christen en kapitalis is. Die boodskap word dus al duideliker: Afrikaners word hoogstens verdra, maar nie gewaardeer nie.
Waarom sal ons lojaal bly aan so ’n bestel? Waarom sal dit ons nie motiveer om, tot eer van God, harder te werk vir ons eie, vrye Christelike republiek nie?”
Ingestuur deur Peter Murray.
“Waarom sal ons lojaal bly aan so ’n bestel? Waarom sal dit ons nie motiveer om, tot eer van God, harder te werk vir ons eie, vrye Christelike republiek nie?”
Op ons kunt je rekenen, onze steun hebt je Peter, een eigen republiek zoals de Vlamingen wensen is het enige wat overblijft om een toekomst op te bouwen.
Ons vir jou…….geef je toekomstige thuisland nu al een naam Peter, dat heeft een symbolische waarde en geeft de blanken een impuls, een perspectief om naar uit te kijken, en als de grenzen vast gelegd zijn, er voor te strijden.
SAVE THE WHITE PEOPLE!!!!! STOP THE GENOCIDE
The killing has to stop!!!!!
http://www.avaaz.org/en/petition/SAVE_THE_WHITE_PEOPLE_STOP_THE_GENOCIDE/?tirahfb
Beste vriend Stradi,
Hartlik bedank vir die goeie woorde van inspirasie deur jou en deur Victor. Ek wens alle Afrikaners/Boere wil die 2 reaksies van julle lees.
Daar was 400 000 Afrikaners wat in 1992 TEEN die Nuwe Suid-Afrika gestem het. Ek glo teen hierdie tyd is ons veel meer, maar dit kan ook wees dat vele NEE-stemmers vandag in hul nuwe vaderlande oorsee sit.
Soos dit vir my lyk, moet ons weer “twee Boere-republieke” stig; Een vir die “Boere” en een vir die “Afrikaners” (ha,ha,ha!). As dit van my alleen sou afhang, sou ek ons republiek “Oranjeland”, of “Afrikanerland”, genome het, maar ek weet nie hoe ander Afrikaners oor die naam voel nie. Ek sal probeer om ‘n debat oor dié onderwerp op die Internet te voer. Omdat die volk in twee groot kampe (Boere versus Afrikaners) verdeel is, sal die meeste waarskynlik stem vir ‘n republiek in Gauteng (en of Mpumalanga en Noord-Natal), maar ‘n beduidende groep kan dalk vir die Noord-Kaap stem.
Die meerderheid in die noorde sal waarskynlik weer hulself “Boere” wil noem, en tien teen een weer na hulself as burgers van die Transvaalse Republiek verwys. Maar, dis vir hulle om te besluit.
Aan die Kaaplandse weskus (Weskus) is daar nie veel diepseehawens nie. Simonsbaai, Tafelbaai, en Saldanhabaai het groot hawens waar internasionale skepe kan vasmeer, maar noord van Saldanha bestaan daar slegs klein hawens vir visserskuite.
Ek is geen kenner op daardie gebied nie, maar dit lyk vir my of ons hoofsaaklik van klein hawens sal moet gebruik maak, en dat passasiers en vrag op groot skepe ter see oorgelaai sal moet word. Dit sal daarom vir ons ‘n GROOT hulp wees as daar kenners in Vlaandere is wat vir ons opmetings kan kom doen….en vir ons raad kan gee. Miskien is daar tog klein hawens wat tot diepseehawens ontwikkel kan word.
Die name van klein hawens in ons VOORGENOME gebied, is: LAMBERTSBAAI; DORINGBAAI; GROENRIVIERSMOND; en HONDEKLIPBAAI.
Saldanha het ‘n natuurlike groot hawe, maar is deel van die provinsie Wes-Kaap, en is slegs 100 km van Kaapstad. Indien ons die ANC uit die Wes-Kaap en die Noord-Kaap kan weg hou, sal daar (hopelik) ‘n bevriende regering in Kaapstad wees, en sal ons van die hawens in Kaapstad en Saldanha kan gebruikmaak, maar die ideaal bly steeds om oor ons eie diepseehawe te beskik.
Lambertsbaai behoort ook aan die Wes-Kaap, dus mag dit vir ons ‘n probleem wees om daardie hawedorp te bekom. Ook Doringbaai, ‘n piepklein dorpie aan die Wes-Kus, is tans deel van die provinsie Wes-Kaap. Daar is slegs ‘n vissershawe, maar dit is ideaal om ‘n Afrikanerdorp daar te begin, omdat daar heel weinig volksvreemdes woon.
* Ek sal probeer om aan Golfbrekers ‘n paar karate van ons voorgenome gebied te stuur, sodat ons vriende in Vlaandere ‘n idee kan kry van waar en hoe die gebied se grense loop.
Enige hulp van ons vriende in Europa – in die vorm van goeie raad, tegniese, maritieme, en ander soorte hulp – sal verwelkom word.
Ekskuus, dit is nie “karate” nie maar KAARTE. My computer se program verander gedurig my Afrikaanse woorde na Engelse woorde.
Indien Jullie er ooit zouden in slagen om een stuk “nieuw te stichten” blank vaderland te kiezen, denk er dan VOORAL aan om er een uit te kiezen met… een Zeehaven.
Aldus zouden Jullie de economie op peil houden door import èn EXPORT met héél de moderne wereld.
Hartelijke groeten vanuit Zeebrugge
Geachte vriend Victor van Vosselaer,
Ongelukkig is ons volk erg verdeeld. Die Afrikaners/Boere woon wyd verspreid oor die lengte en breedte van ons mooi en groot land.
Elkeen beskou sy/haar tuiste as “deel van die toekomstige Boere-republiek.” In die proses bevorder dit die ideale van ons vyande. Wat ons moet doen, is om te “konsolideer”. Ons moet een gebied identifiseer en dan almal daarheen verhuis, sodat ons ‘n magsblok kan vorm.
Weens die politieke verskille, asook die verskil in ekonomies lewensvatbaarheid van elke streek, is Afrikaners/Boere onwillig om te verhuis.
Die groep waaraan ek behoort ondersteun ‘n Afrikaner-vryheidsgebied in die sentrale deel van die provinsie Noord-Kaap. Die DEMOGRAFIE in die N-K is vir die Afrikaner die beste, terwyl die gewildste deel – Pretoria en Oos-Transvaal – se demografie van die swakste in die land is.
Die hele Noord-Kaap, wat 361 830 vk/km groot is, het slegs 1-miljoen inwoners. Ons doelstelling is om slegs 100 000 tot 200 000 vk/km van daardie gebied te beset, sodat ‘n groot deel van daardie 1-miljoen mense ook “uitgesny” kan word. Daar woon ongeveer 500 000 bruinmense; 250 000 swart mense; en 250 000 Afrikaners. Dit sou dus veel makliker wees om ons beoogde gebied met Afrikaners te vul, sodat die gebied ‘n Afrikaner-meerderheid kan hê, as wat ons sou probeer om Gauteng en Mpumalanga (Oos-Transvaal) met Afrikaners te beset.
Gauteng het 12-miljoen inwoners en Mpumalanga 4-miljoen. Daar bestaan nie afsonderlike gebiede vir elke bevolkingsgroep in genoemde twee provinsies nie. Almal woon geïntegreerd (deurmekaar), met die gevolg dat Afrikaners (of Boere) daardie 12 tot 16-miljoen swartes uit die gebied moet verjaag, om dit vir Boere moontlik te maak om ooit daar ‘n meerderheid te word.
Daar woon slegs 500 000 Afrikaners in genoemde twee provinsies. Meerderheidsbesetting sal dus feitlik onmoontlik sonder ‘n burgeroorlog wees (‘n burgeroorlog wat ons nooit sal wen nie!).
Daardie 500 000 Afrikaners in Gauteng (sommiges noem hulself Boere) wil niks weet van verhuis nie, maar die getal moorde onder hulle (deur swartes) is so geweldig hoog, en sal ook in die nabye toekoms sodanig styg, dat dit dom en onverantwoordelik vir hulle sal wees om langer in sulke omstandighede te leef. Die volkstaatgesinde Boere in Gauteng ondersteun die gedagte om “Kleinfontein” (sowat 40km oos van Pretoria) as eerste groeipunt te ontwikkel. Kleinfontein is ‘n klein nedersetting waar slegs blankes woon.
Waar Kleinfontein die nuwe tuise van die Boere (diegene wat graag die 2 ou Boererepublieke wil herstel) geword het, is Orania en omgewing die nuwe tuiste van diegene wat glo aan ‘n toekoms in Kaapland. Kleinfontein is ver van die naaste kus. Indien Kleinfontein ‘n stukkie kus wil bekom, sal die Boere met die Zoeloes (en of die Mosambiekers) moet onderhandel vir ‘n stukkie see. Die hoofstad van Mosambiek (Maputo) is die naaste (580 km) aan Pretoria. Dit is te betwyfel of die Mosambiekers hul hoofstad aan die Boere sal wil afstaan, maar dit sou die beste moontlikheid wees.
‘n Tweede moontlikheid sou wees om met die Zoeloes te onderhandel om Noord-Natal, met Richardsbaai as hawestad, aan die Boere af te staan. En ook dit is te betwyfel, aangesien die Zoeloes die Boerevolk haat.
Daarteenoor beskik die gebied wat die Orania-Afrikaners ondersteun, oor ‘n kusgebied van sowat 500 km wat hulle met die bruinmense moet deel. ‘n Klein groepie bruinmense (die Xhoi-Xhoi, die Xhoi-San, en die Kaapse Kleurlinge) oorweeg ook om ‘n gebied te beset wat eksklusief aan hulle kan behoort. Indien die Noord-Kaap, plus die Wes-Kaap, in 3 dele kan verdeel (een vir die bruinmense; een vir die wit Afrikaners; en een deel waarin hierdie twee groepe saam (deurmekaar) kan woon, sal dit alle partye bevoordeel en tevrede stel.
Kaapstad sal dan die hawestad en hoofstad van die geïntegreerde republiek wees; Upington of Springbok kan die hoofstad van die eksklusiewe groep bruinmense wees (met Port Nolloth as hul hawestad); en Orania kan die hoofstad van die Afrikaner-republiek wees, met Saldanha, of Lambertsbaai, of Doringbaai, of Hondeklipbaai, as ons hawestad.
Dit is alles wensdenkery en teoretisering, maar of dit in die praktyk haalbaar is, sal slegs die tyd ons leer.
Op die oomblik is daar nog té min Afrikaners wat begeesterd is, en wat ernstig oor VRYHEID is. Volksgenote word teen 2 mense per dag vermoor, talle word verkrag, talle word beroof, besteel en getraumatiseer, maar hulle is soos die spreekwoordelike padda in die kookwater. Solank as wat die water nog nie kook nie, is alles veilig.
Ons, wat aan die Noord-Kaap glo, het nog nie ‘n naam nie, maar ons kan onsself “Afrikaners van Afrikanerland” noem; of Afrikaners van Oranjeland”; of “Afrikaners van Orania”.