Die Sluise Van die Hemel
Ek dink weer terug toe ek jou ontmoet het
Alles was goed die lewe was reg
Ons harte was vol maar ons hande was leeg
Daar was so veel wat ons nog moes leer
Oop, ja die heme was oop
Al die deure was toe maar die hemel was oop
Oop, ja die hemel was oop
Al die deure was toe maar die hemel was oop
Ek kyk vandag in my kinders se oë
Elke liewe asem ‘n geskenk van bo
Hulle gaan nog vir ons lag
En ons gaan oor hulle huil
Maar nie een oomblik wil ek verruil
Oop, ja die heme was oop
Al die deure was toe maar die hemel was oop
Oop, ja die hemel was oop
Al die deure was toe maar die hemel was oop
Lig jou hande op
Lig jou hande op
Die deure was toe maar dis hemel was oop…
https://www.youtube.com/watch?v=Kf_BIm2SndE
Die Land Behoort Aan Jou
Waar gaan jy speel met jou maatjies ?
Waar gaan jou spore toe vaai ?
Waar gaan jy val, gaan jy opstaan en huil
En waar gaan jy staar na die sonsak wat myle strek ?
Wat los ons oor vir ons kinders ?
Wat gaan ons eendag kan wys ?
Wat is nog reg of verkeerd, wil ek weet ?
Wat maak ons as jare se sweet te vergete gaan ?
Ek los vir jou die son en die see en die land my kind
Belowe jy sal my aan die einde vind
My vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai vir jou
En jou veilig hou
Ek los vir jou die son en die see en die land my kind
Die here hoor my – Ons sal ‘n lewe vind
My vlag sal aanhou waai en die sade sal ek saai vir jou
Ek belowe jou : Die land behoort aan jou
https://lyricstranslate.com
Mocht het maar waar zijn… die land behoort aan jou. Niet meer. Zuid-Afrika is om zeep. Zoals…