Sal 10 Oktober 2013 dalk ‘n keerpunt in die moderne geskiedenis van Suid-Afrika wees? Wel, die meeste blankes hoop van harte so, en ek glo daar sal swartes ook wees wat ‘n positiewe verandering sal waardeer.
Donderdag, 10 Oktober, om 12:30, sal duisende Afrikaners en hul vriende wereldwyd rooi ballonne die lug in stuur om teen die slagting in Suid-Afrika te protesteer. Die “brein” agter hierdie inisiatief is die 44-jarige Afrikaner-sangeres – Sunette Bridges van Suid-Afrika – wat reeds vele maande daaraan werk. Sunette doen ‘n ernstige beroep op vriende van die Afrikaner-Boerevolk wêreldwyd om hul stemme te laat hoor, en om teen die onderdrukking van blankes in die algemeen, maar die Afrikanervolk in die besonder, te protesteer.
Sunette sê:”Ons lewens kom tot ‘n einde die dag wanneer ons ophou om aandag te skenk aan daardie dinge wat saakmaak.”
Op 10 Oktober sal daar optogte, vergaderings, byeenkomste en bid-ure reg rondom die aarde wees, om aan die mensdom te sê:”Genoeg is genoeg. Ons sal nie meer swyg oor die onderdrukking van witmense in Suid-Afrika nie. Ons sal nie meer die moorde op ons mense op plase, dorpe en stede toelaat nie. Ons kan nie meer swyg oor die wrede martelings deur swartmense van ons bejaardes en ander hulpelose mense – soos vrouens en kinders – nie. Ons is ‘n etniese minderheid van minder as 4-miljoen, teenoor meer as 50-miljoen swartes.
“Ons is moeg van hierdie land se korrupte regering; rassistiese beleid van Black Economic Empowerment, Affirmative Action, en Transformation. Ons is moeg vir die kwotastelsel wat die merietestelsel vervang het. Ons kan nie langer die vernietiging van Suid-Afrika se infrastruktuur toelaat nie. Die vuil en disfunksionele hospitale; die patetiese opvoedkundige stelsel; vuil riviere en opgaardamme; onwoonbare parke en openbare geriewe; gevaarlike woonwijke; en vuil strate, is totaal onaanvaarbaar vir beskaafde landsburgers met ‘n Europese agtergrond van hoë waardes!”
“Misdaad floreer wanneer goeie mense agteroor sit en niks doen!”
Afrikaners, as ‘n minderheidsgroep in Suid-Afrika, word deur die Grondwet beskerm, en het net soveel regte as enige ander etniese groep. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in Suid-Afrika aangekom het, was die land feitlik leeg en kaal, en daar was GEEN infrastruktuur nie. Met die breinkrag, finansiële steun, dryfkrag, kennis, en wil van die Europese immigrante uit – hoofsaaklik Nederland, Frankryk en Duitsland – is daar ‘n stewige infrastruktuur in die land geskep, wat van Suid-Afrika 300 jaar later (1952) ‘n Eerstewereldland gemaak het. Aanvanklik eers die bruin Xhoi-mense, en ingevoerde slawe, en 200 jaar later ook swartmense, was wel verantwoordelik vir swaar handearbeid, maar sonder die Europeërs sou Suid-Afrika presies nog dieselfde gewees het as in 1652.
Ons het die reg om in beheer te wees van ons eie skole, waar ons kinders opgevoed kan word volgens die standaarde waaraan ons gewoond is, en in ooreenstemming met ons kultuur, taal en geloof.
Ons het die reg om aan te dring dat die huidige regering ‘n veilige omgewing waarborg, waarin ons onse kinders kan grootmaak.
Ons het die reg om veilig te voel: in ons huise, op ons plase; en in ons woonwijke. Dit is die plig en verantwoordelikheid van die regering van die dag om genoemde reg bo alles te verseker.
Ons kinders het die reg tot tersiêre onderrig in loopbane van hul keuse, sonder om benadeel te word deur ‘n rassistiese kwotastelsel wat dit vir hulle onmoontlik maak om toegang tot verdere studie te bekom. Ten spyte daarvan dat die land ‘n reuse tekort aan mediese dokters het, word blanke kinders toegang tot mediese studies geweier as hulle nie meer as 90% in matriek behaal het nie. Bruin kinders moet 80% behaal het, en swart kinders slegs 60%.
Die regering het ‘n Grondwetlike plig om ons land se grense te bewaak, en om te verseker dat ongewensde indringers nie ons land binnestroom, ons mense aanrand, beroof en vermoor nie.
Die Grondwet waarborg die reg van ‘n Suid-Afrikaanse burger tot ‘n spoedige en regverdige verhoor. Dit waarborg ook beskerming teen marteling tydens aanhouding, en aanhouding in onmenslike omstandighede. Die regsreël dat ‘n persoon onskuldig is totdat die teendeel bewys word, word ook deur die Grondwet gewaarborg. Maar, hierdie regte word gereeld geskend.
Die Grondwet maak voorsiening vir die reg op selfbeskikking vir enige groep wat dit sou verkies. Verskeie pogings om met die regering oor hierdie saak te gesels, is bloot geïgnoreer. Dit is die regering se plig om met groepe wat selfbeskikking begeer, te praat.
Ons sal nie ekskuus sê dat ons die eienaars van grond is nie. Grondhervorming is ‘n populistiese, opswepings-taktiek van die ANC-regering, wat die lewens van wettige grondeienaars in gevaar stel, terwyl boere reeds op ‘n ongekende skaal aangeval en vermoor word. Die ANC-regering, wat in 1994 aan die bewind gekom het, is direk verantwoordelik vir die misdaad wat teen wettige grondeienaars gepleeg word.
Ons geniet die steun van verskeie ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika, asook van vriende reg rondom die aarde.
* Die steun in Europa was ongelukkig op 7 Oktober nog net tot Ostrava in die Tjeggiese Republiek beperk, en ons versoek Suid-Afrikaners elders in Europa, asook vriende van die Afrikaner-Boerevolk in Europa, om protesoptogte te organiseer, en plakkate te swaai en rooi ballonne die lug in te stuur. ‘n Betoging voor die Europese Parlement sou groot aandag getrek het, maar tot op datum was daar nog geen optog vir België gereël nie.
In die Verenigde Koninkryk is dit nog net ‘n handvol Afrikaners in Londen wat ‘n byeenkoms gereël het; in die Verenigde State van Amerika is daar byeenkomste in Hamilton, Ohio, in Henderson, Kentucky, in Chicago, Illinois, en in Boston. In Australië is daar protesoptogte in Perth, Brisbane, Southport, en Tasmanië. In Nieu-Zeeland is daar optogte in Auckland, New Plymouth, Tauranga en Wellington.
In Suid-Afrika sal daar optogte, byeenkomste en gebeds-ure in die volgende dorpe en stede wees: Bloemfontein, Boksburg, Carolina, Ellisras, Ermelo, Heidelberg (Transvaal), Johannesburg (Bikers Rally), Kaapstad, Kareedouw, Kirkwood, Klerksdorp, Kroonstad, Krugersdorp, Lichtenburg, Louis Trichardt, Margate, Middelburg (Transvaal), Nelspruit, Oos-Londen, Ottosdal, Parys, Port Elizabeth, Potchefstroom, Pretoria, Randfontein, Richardsbaai, Rustenburg, Sasolburg, Swartruggens, Tzaneen, Victoriabaai, Vredendal, Vryheid, Warnerstrand, en Welkom.
** Verskeie groot koerante, soos die New York Times, The New Age, en ander, asook radiostasies in die VSA, het reeds onderhoude met Sunette Bridges gevoer. Televisiespanne uit Amerika en Spanje sal Pretoria op 10 Oktober besoek, om die gebeure in die hoofstad te dek. Daar sal na verwagting tussen 15 000 en 20 000 betogers aan die optog in Pretoria deelneem. Kaapstad se optog sal glo 5 000 mense lok.
Peter Murray
Vrijdag laatst leden organiseerde Vlaams Belang Brasschaat een kaas en ( Zuid -Afrikaanse ) wijn avond. De gastspreekster was Rita De Bont. Zij kwam niet over de politiek praten maar over Zuid-Afrika, waar ze jaren woonde en een tandartspraktijk had. Zeer boeiend gebracht, met veel illustratie. Een aanrader als je Vlaams Belang afdeling dit organiseert, zeker gaan. Achteraf is een persoonlijk gesprek met deze charmante dame een aanrader. Doen.
Dankie aan Mevr. Gerda de Ryck vir die plasing van hierdie berig vanaand in Golfbrekers.
Ek kan met groot dankbaarheid aankondig dat, nadat hierdie berig saamgestel is, daar verskeie nuwe verwikkelinge was.
België sal nou ook op Mevr. Sunette Bridges se lys van dorpe en stede gevoeg kan word waar “Rooi Oktober” môre (10 Oktober) gehou gaan word.
* N.B. Om 10:30 kan u in Brussel op die Koningsplein vergader. Net na 10:30 sal optoggangers na die Ministerie van Buitelandse Sake vertrek waar u rooi ballonne kan loslaat, en plakkate kan rond swaai. Boodskappe kan gedemonstreer word, soos byvoorbeeld: Stop Genocide in Zuid-Afrika; Stop Plaasmoorde; Stop Korrupsie in S.A.; Stop Kwotastelsel; Merietestelsel beter dan Kwotastelsel; Afrikaners/Boere eis vryheid in eie staat; Ons Eis Eie Staat; enzovoorts.
Reacties kwamen er al een hele tijd, jullie moeten toch ongetwijfeld Censorbearbugs kennen van Adriana. Zij vecht al jaren voor het lot van de Afrikaners. Anderzijds werd het hoogtijd dat er vanuit de Afrikaanse gemeenschap een reactie kwam.
Dat Sunette Bridges de drijfkracht in deze is mag niemand verwonderen. Zij vecht voor haar volk. Zij werd echter jammer genoeg op alle mogelijke manieren gedwarsboomd, slechtgemaakt, haar facebook pagina werd afgesloten en ze werd zelfs voor de rechter gedaagd. Haar tegenstanders vingen bot. Haar stem klilnkt nog. En hopelijk klinken morgen vele miljoenen stemmen met haar …. ik hoop het .Ik hoop op een goede toekomst voor alle Afrikaners en ik wil U Mr Peter Murruay danken voor uw inzet voor uw volk en uw bijdagen waarvan ik geen enkele mis. Baie dankie!