Geloftedag of Versoeningsdag?
Op 16 Desember 1838 het die bekende “Slag van Bloedrivier” by die Ncomerivier in die provinsie KwaZoeloe-Natal plaasgevind. Omdat dit ‘n kwessie van lewe en dood was, en die Zoeloes van plan was om die handjievol Voortrekkers uit te wis, het die blankes geen ander keuse gehad om hulself te verdedig nie.
Moderne politiek-korrekte kritici wil gedurig rassisme aan alles koppel, en die Afrikaner-Boerevolk, en sy geskiedenis, is ideaal om te kritiseer. Hierdie mense, die politiek-korrektes, doen hul aller beste om die Afrikaner se geskiedenis te verander. Die ANC voel erg gekwets wanneer blankes oor hul barbaarsheid en agterlikheid kla, en na Zuma se 5 vrouens en 30 kinders as onbeskaaf verwys. Daar word dan gesê dat Suid-Afrika se mense tolerant moet wees en mekaar se kulture moet respekteer. Maar, dit is gewoonlik heel eensydig. Swartes respekteer geensins hul wit landgenote se kulture nie.
In 1994, nadat die swartes gekla het, en nadat die linkse- en ultra-linkse blankes saam in die swart koor gesing het, is daar besluit om die bestaande openbare vakansiedag – 16 Desember – af te skaf, omdat dit kwansuis ‘n rassistiese dag sou wees. Die protes van die regses het die besluitnemers toe van plan laat verander. 16 Desember kan nog steeds ‘n “vakansiedag” wees, maar dan moet die naam verander. Dit sou voortaan as Versoeningsdag bekendstaan, en nie Geloftedag soos wat dit reeds dekades lank genoem word nie. Die naam was eers Dingaansdag, omdat dit die verowering van koning Dingaan se impi’s (troepe) deur die Voortrekkers gedenk het.
Die naam Voortrekkers is aan die Europese immigrante in die destydse Kaapland gegee wat eerste uit die nuwe Britse kolonie weggetrek het. Omdat hulle hul mede volksgenote vooruitgegaan het, is na hulle verwys as die vrye burgers wat solank vooruit trek. Die ander name – “Afrikaner” en “Boer” – was toe nog nie algemeen in gebruik nie. Aangesien die meeste trekkers boere was, het hulle die bynaam van “Boerevolk” gekry. Ander het hulself onderskei van die VOC-onderdane deur hulself “Africaanders” te noem.
Deesdae is daar ‘n groot gestryery oor wat ‘n Afrikaner is, en wat ‘n Boer is, maar in der waarheid is dit dieselfde soort mense, wat van dieselfde vlees en bloed is. Mens kan dit byna met die Vlaminge en die Zeelanders vergelyk.
Die Voortrekkers, wat uit Kaapland weggetrek het om van die Britse owerhede weg te kom, het deur Natal getrek op soek na kos en water vir hul diere. Die Zoeloekoning, Dingaan, het sy impi’s opdrag gegee om die Voortrekkers aan te val. Op Sondag 16 Desember 1838 het sowat 10 000 Zoeloes die laer van die Voortrekkers, wat uit 470 siele bestaan het, aangeval. Die 470 mense het nie slegs uit Voortrekkermans bestaan nie, maar daar was ook vrouens en kinders by. Daar was ook ‘n paar kleurlinge wat werknemers van die veeboere was. Daar was ook enkele Europese immigrante wat die trek meegemaak het in die laer.
Gedurende die skermutseling is slegs 3 mense binne die laer gewond, nadat Zoeloespiesse hulle getref het. Aan Zoeloekant het 3 000 impi’s gesneuwel.