Voortrekkersmonument
Slawehandel met vele gesigte
Blankes in Suid-Afrika is oor die eeue heen gekritiseer vir hul “mishandeling van nie-blankes” en van slawerny. Selfs die blankes van die 21ste eeu, wat niks met die saak te doen gehad het nie, moet nou vir die “sondes van hul voorvaders” boet.
Nou is die vraag:”Hoe ver terug in die geskiedenis moet ‘n mens gaan?” Volgens die Bybel is slawerny so oud soos die mens self. Moet vandag se jong Afrikaners boet vir die oortredings van Adam en Eva, of vir die oortredings van Jan van Riebeeck, of vir die oortredings van die Voortrekkers, of vir die oortredings van Dr Verwoerd, of vir wie?
Volgens die geskiedenisboeke was die eerste slaaf in Suid-Afrika ene Abraham van Batavia. Hy was ‘n verstekeling op ‘n skip van die VOC wat van Batavia na Kaapstad gevaar het. Amptenare van die VOC het hom in hegtenis geneem en hom vir 3 jaar lank slawewerk in die Kaap laat verrig, voordat hy na Batavia teruggestuur is.
Dit is algemeen bekend dat die meeste slawe deur hul eie mense gevange geneem is, en dan aan Arabiese slawehandelaars gekoop is en erg mishandel is voordat hulle dan aan slawe-kopers, of slawe-agente verkoop is. Enige teenstand is met brute geweld begroet, en vir ernstige oortredings is slawe op wreedaardige wyses om die lewe gebring.
Blankes in Suid-Afrika is al gewoont daaraan om deur swart en bruin van slawerny beskuldig te word. Dit is veral die Afrikanervolk wat “die vaders van slawerny” genoem word, terwyl dit juis Afrikaners was wat slawerny veroordeel het. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap geland het, was daar ‘n reuse tekort aan arbeiders in die land. Die plaaslike Xhoi-gemeenskap was hoegeneemd nie geskik vir werk nie.
Die VOC in Nederland was traag om arbeiders in Nederland self te werf, en het van Jan van Riebeeck verwag om arbeiders in die Kaap te werf. Hy het aan die VOC laat weet dat die Xhoi lui vir werk is; dat hulle geen handelsvennote kan wees nie, omdat hulle geen kennis van handel het nie, en nie belanggestel het om opgelei te word nie; en dat die land GEEN infrastruktuur het nie, en dus dringend arbeiders nodig het om die nodige geriewe te skep.
In die Afrikaanse geskiedenisboeke lees ons dat die Europese immigrante in die Kaap (vandag algemeen bekend as “Afrikaners” of “Boere”) diep gelowige mense was. Dit was veral nadat die Franse Hugenote in 1688 na die Kaap gekom het, dat die Christelike Godsdiens ‘n integrale deel van die volk geword het. Liefde vir jou medemens was beslis vir hierdie diep gelowige mense belangrik.
Afrikaners was geen slawe-handelaars nie, ook nie slawe-drywers nie, maar wel slawe-eienaars. Daar was geen manier om die probleem van arbeidertekort op te los nie. Die bevolking aan die Kaap was te klein, geen hulp van die VOC is ontvang nie, die plaaslike bruinmense wou nie werk nie, en die VOC het druk op die blanke boere geplaas om produkte in die vorm van vars groenete en vrugte, en van vars vleis en graanprodukte te lewer. Die Kaap was geen kolonie van Nederland nie, maar ‘n verversingspos vir passasiers en skeepslui van verbyvarende skepe tussen Europa en die Ooste. Die Kaap was min of meer in die middel tussen Amsterdam en Indonesië, en was dus ideaal om as “halfwegstasie” te dien.
Weesmeisies is later deur Duitsland na die Kaap gestuur, om as vroue vir die talle enkellopende mans van Europese herkoms te dien, maar dit het nie helemaal aan die behoefte voldoen nie. Die aanwas van die Europeërs was ook maar stadig, en daar was gedurig ‘n tekort aan werksmense in die land.
Toe die werk nie vir die VOC na wense was nie, en produksie te stadig was, is slawe uit alle wêrelddele na die Kaap gestuur. In 1796 is die Kaap deur Brittanje oorgeneem en is slawe op groot skaal na die Kaap gestuur. Ironies genoeg is dit Brittanje wat in 1807 die besit van slawe “afgeskaf” het, maar dit was net op nie-Britse blankes van toepassing.
Afrikaner-boere moes heel veel geld vir slawe betaal, maar toe slawery afgeskaf is, is die boere, en ander slawe-eienaars, nie vir hul slawe vergoed nie. Sommige boere het sulke groot skade gely, dat hulle bankrot gespeel het. Dit het veroorsaak dat vele Afrikaners besluit het om die Kaap te verlaat, en so ver moontlik die binneland ingetrek het, om van die Engelse ontslae te raak. Hierdie Afrikaners, wat sedert 1832 al begin het om te trek, was die Voortrekkers genoem.
Oor al die jare heen is na die Voortrekkers verwys as “wettelose burgers wat nie onder die Britse gesag wou staan nie.” Daar is voortdurend ‘n verdagmakery en ‘n swartsmeerveldtog deur die Britte teenoor hierdie mense (die Voortrekkers) gevoer. Tot vandag toe, is daar Engelse (binne en buite Suid-Afrika) wat die Afrikanervolk haat, en alles in hul vermoeë doen om Afrikaners te benadeel.
Die Britse oorlogskip HMS Lynx het in Desember 1859 ’n besending slawe van ‘n Arabiese slaweskip by Zanzibar buitgemaak en hulle as “Prize Negroes” na Kaapstad ontvoer om as “indentured apprentices” te verkoop, in plaas daarvan om hulle vry te laat. Met dié eufemistiese spel is die teenslawernywette omseil, maar kon nie verdoesel dat ’n slaaf, enige ander naam genoem, steeds ’n slaaf was nie. Thomas Baines, die bekende ontdekkingsreisiger en kunstenaar, was aan boord van die HMS Lynx en het hierdie onthullende waterverfskildery gemaak.
Verledejaar (2012) het die Kaapstadse skrywer – Marthinus van Bart – ‘n boek uitgegee wat die Britte se skynheiligheid in verband met slawehandel blootlê. Die boek se titel is Kaap van Slawe, en is by verskeie Kaapstadse boekwinkels beskikbaar. Die boek verkoop in die handel teen R267 elk. Die onderste titel lui: “Die Britse slawebedryf van 1562 – 1910.” Die slawehandel van die Britte in die Kaap het in 1680 begin.
Die skrywer, wat sy navorsing plaaslik sowel as in Britse museums en argiewe gevind het, het veel moeite gedoen om so gebalanseerd as moontlik te wees. Nick Merriman van die Museum of London meen dat die Britte skatryk uit slawehandel geword het. “England (later Great Britain) became the biggest slave-trading nation on earth,” was sy woorde aan die navorser en skrywer van “Kaap van Slawe,” Marthinus van Bart.
Museums, en ander opvoedkundige inrigtings in Suid-Afrika wat geskiedenis aanbied, en wat na 1994 tot stand gekom het, verlekker hulle in die leuens oor apartheid, slawerny en Afrikaners. Die geskiedenisboeke wat in die apartheidstydperk deur skole en universiteite bestudeer is, word in sy totaal deur die ANC verwerp, en nuwe teksboeke word nou as “die Bybel” in skole aangebied. Dit blaas verdere haat aan, en van versoening in Suid-Afrika is daar geen sprake nie. Afrikaners bly vir die nie-blankes die simbool van apartheid en van slawerny.
Brittanje het egter seker gemaak dat die meeste tersaaklike dokumente uit die argiewe van Kaapstad, Den Haag en Londen verdwyn, ten einde die waarheid van die wêreld se ore en oë weg te hou. Merriman beweer dat “selfs voor die oorname van die Kaap in 1795, het Britse slawehandelaars ‘n reuse getal slawe (dit kon soveel as 40 000 wees) aan die owerhede in Kaapstad gelewer. Hy beweer verder dat sowat 10-miljoen swart slawe in daardie tydperk op die trans-Sahara-roete na Noord-Afrika en die Midde-Ooste ontvoer is, maar hiervan word byna nêrens melding gemaak nie, omdat dit te veel teenkanting sou ontlok het.
Afrika-stamhoofde het reeds 7 eeue voordat die eerste blanke slaweskepe die Afrikakus bereik het, ‘n winsgewende slawehandel met die Arabiere van Noord-Afrika en hul Islamitiese bondgenote van die Midde-Ooste bedryf. Afrika stamhoofde het reeds voor 300 voor Christus slawe verhandel, terwyl blankes eers in die 16de eeu begin het om met hierdie “swart ivoor” handel te dryf. Dit is dus baie duidelik dat swart stamhoofde, asook Arabiere en Moslems, die wêreld se grootste slawehandelaars was, en nie die blankes nie. Blankes het kort nadat hulle met slawehandel begin het, weer daarmee gestop, terwyl die Moslems voor en na die tussenkoms van die blankes, eeue lank slawehandelaars was.
Slawe het egter nie slegs uit swartes bestaan nie. Uit die Bybel se tyd weet ons dat die Jode in Egipte slawe van die Egiptenare was. In die loop van 200 jaar is witmense deur Arabiere in die Midde-Ooste as slawe verkoop. In 1625 is 30 000 Ierse politieke gevangenis deur die Engelse koning, Charles I, as slawe na die Wes-Indiese Eilande verban, en van 1641 tot aan die einde van Oliver Cromwellse bewind in 1658, is 400 000 Iere (waarvan 25% kinders was) na die Wes-Indiese Eilande en die VSA verban. Van 1600 tot 1699 is méér Iere as swartes in die VSA as slawe verkoop. Iere het ook as slawe in Engeland (Bristol) gewerk. Iere is ook in groot getalle deur Engeland in Australië verkoop, en Ierse weeskinders is in die Kaap aan ryk Engelse verkoop.
In 1830 is Iere kinders as wit slawe in Kaapstad verkoop. Hierdie inligting is nie eintlik onder die breë Afrikanergemeenskap bekend nie, en nog minder onder die bruinmense van die Kaap. Wat Suid-Afrika se swart gemeenskap betref, sal dit hoegenaamd nie bekend wees nie, en geen swarte sal dit glo nie, want vir die swartes bestaan daar nie so-iets dat blankes ooit swaargekry het nie.
Toe die twee Boererepublieke in 1854 en 1857 gestig is, is enige vorm van slawerny binne die grense van die republieke verbied, maar die Britte in Suid-Afrika het onder streng geheimhouding met slawerny voortgegaan. Van 1920 tot 1960 is sowat 10 000 “Britse” kinders na Australië “uitgevoer”. Hulle was waarskynlik almal Kelte (Skotte, Iere en Wallisers). Dit weerlê die Engelse se aanspraak op Christelike, humanitêre, liberale en regsinnige uitkyk op die lewe.
Van 1845 tot 1849 is Ierland met aartappelmisoeste geteister, wat tot gevolg gehad het dat duisende Iere van honger omgekom het. Die Engelse het alle oorblywende aartappels en koring na Engeland self uitgevoer, sodat meer as 1-miljoen Iere uiteindelik gesterf het.
Tydens die Bataafse tyd (1803 tot 1806) was slawehandel in die Kaap verbied. Die getal slawe het toe sterk afgeneem. In 1807 was die Kaap egter weer Brits, en die Engelse het kamstig die praktyk van slawehandel ook afgeskaf, maar het in die geheim voortgegaan om slawe aan te hou. Meer nog, hulle het begin om streng wette vir die plaaslike Xhoi-gemeenskap in te stel. Die Xhoi was verbied om rond te dwaal. Paswette is ingestel en volwasse Xhoi moes ‘n vaste woon- en werksadres hê. (In die apartheidstyd was daar groot ontevredenheid onder swartes omdat die Afrikanerregering ook ‘n Paswet ingestel het. Dit was juis die Engelse in Suid-Afrika wat die grootste kritici van die Paswet was, en hulle was die mense wat swartes opgesweep het om hul pasboeke te verbrand.
Tydens die Grensoorloë in die Oos-Kaap (van 1830 tot 1870) is duisende Xhosas (as krygsgevangenis) deur die Engelse op plase “ingeboek.” In 1897, net voordat die oorlog teen die twee Boererepublieke begin het, is 2 000 Tswanas deur die Engelse gevang en vir 5 jaar na Engelse boere se plase rondom Kaapstad gestuur, om as slawe daar te werk. In die jare 1850 het Britse skepe ander lande se skepe wat slawe vervoer het, voorgekeer en die slawe dan ontvoer en self gaan verkoop.
‘n Reuse smokkelnetwerk van slawehandel tussen Madagaskar, Mosambiek en Kaapstad is in 1838 blootgelê. Derduisende slawe is op dié manier – tussen 1838 en 1850 – verhandel.
Intussen het die verdagmakery teen die Afrikaners voortgegaan, en is Afrikaners van “wreedhede teen swartes” in Britse koerante beskuldig. ‘n Mens kan tereg beweer dat die LEUEN die Afrikanervolk se grootste vyand was, en steeds is. Die Britte en die swartes het, met hul leuenveldtogte, reeds groot skade aan die Afrikanervolk berokken, en dit sal seker nog vir vele dekades (en eeue?) so aanhou.
Peter Murray